Aanvaar die Uitdaging!
Jy kan ‘n positiewe verskil maak!
Laat ons saam ons kinders en toekoms beskerm en koester!
Sê JA!
Wag tot Graad 8
voordat jy vir jou kind ‘n slimfoon gee met toegang to die internet en sosiale media.
Ek onderneem om nie vir my kind toegang tot ‘n slimfoon te gee tot ten minste in graad 8 of die ouderdom van 13 of 14 jaar.
Indien jy steeds vir jou kind ‘n basiese foon wil gee wat slegs oproepe kan maak en teksboodskappe stuur, kan jy steeds die uitdaging aanvaar! ‘n Basiese foon met geen internet- en sosiale mediatoegang vermy baie van die afleidings en gevare van ‘n slimfoon.
Die TechnoLife Wise Stigting sal vir jou ‘n epos stuur (en ook na die ander ouers in jou skool of gemeenskap (volgens poskode) wat die uitdaging aanvaar – om jou met eendersdenkende ouers te konnekteer. Dit sal julle ook help om mekaar te ondersteun.
Daar is krag in getalle! Moenie wag totdat dit te laat is nie!
Kom ons span saam om op te staan vir dit wat die beste is vir ons kinders en toekoms!
Riglyne om die Uitdaging te aanvaar
- Enige ouer of voog wat een of meer kinders het tussen geboorte en 16 jaar oud, is welkom om die uitdaging te aanvaar deur die vorm te voltooi.
- Voltooi asb die vorm vir elke kind in ‘n kleuter-, laer- of hoërskool. Voltooi asb die besonderhede van elke kind deur te klik op “Voeg ‘n leerder by” op die vorm.
- Aangesien ouers met eendersdenkende ouers in hulle skool of gemeenskap geskakel word, en moontlik ook in-persoon kan ontmoet, is dit belangrik dat alle oop spasies op die vorm voltooi moet word.
- Vul asseblief die volledige naam van die skool in en dui duidelik aan of dit ‘n kleuterskool, laerskool of hoërskool is. Wees asseblief so spesifiek as moontlik en vermy akronieme.
- Ons fokus tans op die aktivering van Suid-Afrikaanse ouers wat die uitdaging aanvaar. Nietemin, is enige ouer of voog buite Suid Afrika welkom om ook die uitdaging te aanvaar deur die vorm te voltooi.
Aanvaar die Uitdaging!
Oueruitdaging
Ek onderneem om nie vir my kind ‘n slimfoon te gee tot minstens hy of sy in Graad 8 is of 13/14 jaar oud is.
Voltooi asseblief beide die ouer en leerder se besonderhede op die vorm.
Dui ook asseblief jou voorkeurrol in die ouerkampioengroepe aan.
Belangrik!
Vertel asseblief ook jou vriende en familie van die Wag tot Graad 8-uitdaging!
Ondersoek ons “Wait until grade 8 Resources bladsy” op ons webwerf vir ‘n omvattende ondersteuningsruimte om jou te help om die voortou te neem en die getalle van ouers en voogde wat die uitdaging aanvaar te laat groei.
Daar is krag in getalle! Voorkoming is beter as genesing!
Kom ons staan saam en tree op om ‘n positiewe verskil in ons kinders se lewens te maak!
Kom ons beskerm en koester ons kinders en toekoms saam!
Donasies is welkom!
Om te help dat hierdie uitdaging deur meer families aanvaar word, het ons jou hulp en finansiële bydraes nodig!
Vir elke R100 wat ons ontvang, kan ons een tot twee families help om ‘n slimfoon vir hulle kind uit te stel tot graad 8. Sodoende kan die druk op ouers en kinders verminder en kan meer kinders gehelp word om gelukkig en op ‘n gesonde gebalanseerde manier te ontwikkel en om ‘n kindertyd langer te geniet.
Ons het mekaar se hulp en ondersteuning nodig!
Maak asseblief ‘n positiewe verskil vandag!
By voorbaat baie dankie vir jou tyd en bydrae!
Onthou ook dat ons ‘n Art 18A-sertifikaat kan uitreik om jou donasie(s) aan die stigting te bevestig.
Jy sal dan die totale bedrag kan aftrek van jou inkomstebelasting.value of your donation from your income tax.
PRIVAATHEIDSBELEID
Hierdie privaatheidsbeleid openbaar die privaatheidspraktyke van die TechnoLife Wise Foundation. Ons is die alleeneienaars van die inligting wat op hierdie webtuiste ingesamel word.
Ons sal nie jou kontakinligting aan enige iemand verkoop of verhuur nie.
Ons sal nie jou inligting met enige party buite die organisasie deel nie. Jou inligting sal nie op die webtuiste geopenbaar word nie.
Ons sal slegs die name en eposadresse van die ouers en voogde in dieselfde skool of gemeenskap (volgens die poskodes) deel sodat eendersdenkende ouers met mekaar in ouerkampioengroepe gekonnekteer kan word.
Hierdie reëling sal dit moontlik maak dat jy met eendersdenkende ouers en kampioene in jou omgewing gekonnekteer kan word.