Gelukkige Neuro-Wenners (Afrikaans)
Leef Meer! Sit Jou Foon Neer!
Besef jy dat jou hart en lewe deur skermtyd gesteel word?
Tegno-wyse Ouerskap
Tegno-wyse Ouerskap om lewenslange Gelukkige Neuro-Wenners te wees!
Ontsluit die geheime van digitale grense:
‘n Moet-hê-kursus vir ouers, versorgers en rolmodelle
Techno-wise Parenting
to become lifelong
Happy Neuro Heroes!
Sluit by ons aan op hierdie lewensveranderende reis om ons kinders se regte in die digitale era te beskerm en waardes van menslike konneksie, dankbaarheid, blydskap en vrede weer in te stel..
Vir wie is dit?
Hierdie kursus is ontwerp om ouers, opvoeders, versorgers en rolmodelle van kinders van 8 weke tot 18 jaar te bemagtig.
Kursusbesonderhede:
- Twee modules (24 eenhede oor 6 maande): Ontdek waardevolle wyshede, insigte en praktiese wenke vir digitale grense met ons omvattende gidse. MEER INLIGTING VOLG LATER DIE JAAR.
- Slegs eerste module (12 eenhede oor 3 maande): Perfek vir diegene wat hul reis begin om gesonde digitale perke te stel. Geniet ‘n 15%-afslag – slegs R1 499 (oorspronklik R1 764). Afsonderlike eenhede ook beskikbaar teen R147 / eenheid (oorspronklik R199).
Selfgeleide leer:
Jy kan enige tyd registreer en die kursus op jou eie tyd voltooi.
Begeleide leer:
Indien jy graag wil deel wees van ‘n gemeenskap, sal ons vir jou die “konneksiedatums” bevestig sodra jy geregistreer het.
Registrasie:
Verseker jou plek! Registreer nou.
Let wel: Die kursus en registrasie word deur MindUnique Education aangebied en behartig. TechnoLife Wise Foundation is’n nie-winsgewende organisasie, ondersteun deur MindUnique Education en PPP Training Online.
Moenie hierdie bekendstellingsaanbod misloop nie! Skryf vandag nog in vir hierdie lewensreddende familie-avontuur!
Voordele wat jy teen die einde van hierdie kursus kan verwag
Hier is ‘n paar ongelooflike voordele wat jy van ons kursus kan verwag wanneer jy die Happy Neuro Heroes-kursus deurloop en by ‘n Tegno-wyse Ouerskap-ondersteuningsgroep aansluit, gefasiliteer deur Dr Marlena Kruger van die MindUnique Institute:
-
Maak weer goeie konneksie met jou kind/ers
Jy behoort te voel asof jy jou kind teruggekry het. Jy sal weer ’n liefdevolle, vertrouensverhouding bou of herbou. Gesprekke vloei gemaklik en hegte verbindings word herstel en opgebou. Dit is hartverblydend om jou kind se leefwêreld weer te ontdek en hul wêreld met jou te deel.
-
Sigbare verbeterings in jou kind se gedrag
Merk ’n verbetering en sien 'n hupstoot in jou kind se selfbeeld en emosionele intelligensie. Hulle sal hul eie potensiaal begin raaksien en jou vertrou om hulle te help ontwikkel en te groei. Die verandering sal beide bemagtigend en inspirerend wees.
-
Herstel hoop vir jou kind se toekoms
Jy sal hoop en praktiese raad kry om jou kind te help om suksesvol te wees en onafhanklik te word en ’n gesonde en gelukkige leefstyl te ontwikkel. Dit gaan daaroor om 'n blink toekoms vir jou kind te sien en te weet jy kan hulle ondersteun om dit te bereik.
-
Voel opnuut ‘n vertroue in jou ouerskapvaardighede
Jy behoort soos 'n beter ouer te voel, wat verstaan wanneer om jou kind te ondersteun en wanneer om hulle ruimte te gee. Vertroue vervang onsekerheid en jy sal weet jy doen jou bes.
-
Bring vrede en kalmte terug in jou huis
Stel jou soggens en saans voor sonder chaos. Kinders sal luister en saamwerk met minder vloermoere en uitbarstings. Skermtyd sal onder beheer wees. Jou gesin sal gelukkiger en meer ondersteunend en verbind wees tot mekaar.
-
Hou op om alleen te voel in jou ouerskapstryd
Sluit aan by 'n gemeenskap van ouers wat jou reis verstaan. Ons is hier om mekaar te help! Jy is nie meer alleen op die tuimeltrein van ouerskap se uitdagings, met soms komplekse, kinders, tieners of jong volwassenes nie. Jy kry die ondersteuning wat jy nodig het – en jou kinders het ook jou nodig om hulle te begelei!