TechnoLife Wise Foundation

‘n Wonderlike verrassing en God se wonderwerk!

Dit was voorwaar ‘n heerlike WoW-gevoel toe ek ‘n boodskap van ‘n vorige kollega ontvang waarin hy foto’s gestuur het van die bladsye met die begripstoetsteks advertensie en vrae wat in die matrieks se eerste Afrikaanse vraestel ingesluit was.
Wat ‘n ongelooflike voorreg om op hierdie manier saadjies in God se koninkryk te plant. Ons moet net gehoorsaam wees om te doen wat ons kan en wanneer ons kan.
My leuse is: Ek doen my bes en God doen die res. Hy is getrou en sal op die regte tyd die regte deure laat oopgaan.
Ek loof en prys die Here elke dag vir sy groot liefde, genade, vrede en vreugde.
Scroll to Top