TechnoLife Wise Foundation

Dink mooi oor jou baba en skerms

Bron:  https://www.netwerk24.com/stemme/aktueel/babas-en-skerms-is-die-vrede-die-nagevolge-werd-20260702-0491

Die meeste ouers wil vir hul kind van vroeg af die grootste moontlike voorsprong in die lewe gee, maar watter rol speel digitale toestelle? Retha Fick doen verslag.

Terwyl ál meer lande ouderdomsbeperkings vir die gebruik van sosiale media instel en leerlinge by sommige skole in Suid-Afrika verbied word om ’n slimfoon of tablet skool toe te neem, waarsku die navorsers in ’n nuwe studie nou dat blootstelling aan skerms onder die ouderdom van twee tot ontwikkelingskwessies by kinders kan lei.

Navorsers van vier Britse universiteite het verlede week bevindinge bekend gemaak van “die mees omvattende hersiening van internasionale eweknie- ersiende navorsing oor babas se skermtyd”. Hulle sê “digitale skermtyd vir kinders onder twee word vereenselwig met langtermyn-impak op gesondheid en lewensgehalte, en het beperkte voordele”.

Die navorsers beveel aan dat kinders onder twee aan geen doelbewuste, gereelde skermtyd blootgestel word nie. Dit strook met aanbevelings van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) oor hierdie ouderdomsgroep en skermtyd.

Maar digitale media het so ’ngroot deel van ons daaglikse lewe geword dat dié mikpunt vir baie ouers buite bereik kan voel.

Lees verder: Dink mooi oor jou baba en skerms

Scroll to Top